Regulations 2008 Afrikaans

DEPARTEMENT VAN VERVOER
No. R. …. Datum …
PADONGELUKFONDSWET, 1996
PADONGELUKFONDSREGULASIES, 2008
Die Minister van Vervoer het, kragtens artikel 26 van die
Padongelukfondswet, 1996 (Wet No. 56 van 1996) die Regulasies in die
Bylae hiertoe uitgevaardig.
BYLAE
1 Definisies
In hierdie Regulasies, tensy die konteks andersins aandui, beteken–
(i) “appéltribunaal” die tribunaal saamgestel in terme van regulasie
3(8);
(ii) “AMA Guides” die American Medical Association se Guides to the
Evaluation of Permanent Impairment, Sesde Uitgawe, of sodanige
uitgawe daarvan as wat die Fonds van tyd tot tyd in die
Staatskoerant kennis van mag gee;
2
(iii) “dag” enige dag anders as ‘n Saterdag, Sondag of openbare
vakansiedag;
(iv) “ernstige besering assesseringsverslag“ ‘n behoorlike voltooide
vorm, RAF4, hiertoe aangeheg as aanhangsel D, of sodanige
wysiging of vervanging daarvan as wat die Fonds van tyd tot tyd in
die Staatskoerant kennis van mag gee;
(v) “fiskale jaar” die tydperk beginnende op die eerste dag van Maart
van ‘n gegewe jaar en eindigende op die laaste dag van Februarie
van die daaropvolgende jaar;
(vi) “geneesheer” ‘n persoon geregistreer as sodanig kragtens die Wet
op Gesondheidsberoepe, 1974 (Wet No. 56 van 1974);
(vii) “geskilbeslegtingsvorm” ‘n behoorlike voltooide vorm RAF5, hiertoe
aangeheg as aanhangsel E, of sodanige wysiging of vervanging
daarvan as wat die Fonds van tyd tot tyd in die Staatskoerant
kennis van mag gee;
(viii) “gesondheidspraktisyn” ‘n praktisyn van enige professie
registreerbaar ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe, 1974
(Wet No. 56 van 1974);
3
(ix) “gesondheidsorgverskaffer” ‘n “health care provider”, soos
gedefinieer in die “National Health Act”, 2003 (Wet No. 61 van
2003);
(x) “Registrateur” die Registrateur van die Raad vir
Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika daargestel ingevolge artikel 2
van die Wet op Gesondheidsberoepe, 1974 (Wet No. 56 van 1974).
2 Verdere voorsiening vir aanspreeklikheid van Fonds ingevolge
artikel 17(1)(b)
(1) (a) ‘n Eis vir skadevergoeding verwys na in artikel 17(1)(b) van die Wet
moet aan die Fonds gestuur of gelewer word, ooreenkomstig die
bepalings van artikel 24 van die Wet, binne twee jaar vanaf die
datum waarop die eisoorsaak ontstaan het.
(b) ‘n Reg om skadevergoeding van die Fonds te eis kragtens artikel
17(1)(b) van die Wet ten opsigte van verlies of skade
voortspruitende uit die bestuur van ‘n motorvoertuig in die geval
waar die identiteit van nòg die eienaar nòg die bestuurder daarvan
vasgestel is, verjaar by verstryking van ‘n periode van twee jaar
vanaf die datum waarop die eisoorsaak ontstaan het, tensy ‘n eis
ingevolge paragraaf (a) ingedien is.
4
(c) In die geval waar ‘n eis ingevolge paragraaf (a) ingedien is verjaar
so ‘n eis nie voor die verstryking van ‘n periode van vyf jaar vanaf
die datum waarop die eisoorsaak ontstaan het nie.
(2) Nieteenstaande enigiets tot die teendeel in enige wet moet ‘n eis vir
skadevergoeding verwys na in artikel 17(1)(b) van die Wet aan die
Fonds gestuur of gelewer word binne twee jaar vanaf die datum waarop
die eisoorsaak ontstaan het ongeag enige regsbelemmernis waaraan die
betrokke derde party onderhewig mag wees.
3 Assessering van ernstige besering ingevolge artikel 17(1A)
(1) (a) ‘n Derde party wat vergoeding vir nie-geldelike verlies wil eis, moet
homself of haarself onderwerp aan ‘n assessering deur ‘n
geneesheer ooreenkomstig hierdie Regulasies.
(b) Die geneesheer moet assesseer of die derde party se besering
ernstig is, ooreenkomstig die volgende metode:
(i) Die Minister mag, na oorleg met die Minister van Gesondheid,
‘n lys van beserings in die Staatskoerant publiseer welke
beserings vir doeleindes van artikel 17 van die Wet nie beskou
word as ernstige beserings nie en geen besering moet
assesseer word as ernstig indien daardie besering voldoen
aan die beskrywing van ‘n besering wat op die lys verskyn nie.
5
(ii) Indien die besering 30 persent of meer “Impairment of the
Whole Person”, veroorsaak het, soos voorsien in die AMA
Guides, moet die besering as ernstig assesseer word.
(iii) ‘n Besering wat nie 30 persent of meer “Impairment of the
Whole Person” veroorsaak het nie, mag slegs as ernstig
assesseer word indien daardie besering:
(aa) ‘n ernstige, lang-termyn aantasting of verlies van ‘n
liggaamlike funksie veroorsaak het;
(bb) neerkom op permanente ernstige ontsiering;
(cc) ‘n hewige, lang-termyn verstandelike of ‘n hewige langtermyn
gedragsteurnis of gedragsaandoening
veroorsaak het; of
(dd) die verlies van ‘n fetus veroorsaak het.
(iv) Die AMA Guides moet deur die geneesheer toegepas word
ooreenkomstig operasionele riglyne of wysigings, indien enige,
gepubliseer deur die Minister van tyd tot tyd deur
kennisgewing in the Staatskoerant.
6
(v) Nieteenstaande enigiets tot die teendeel vervat in die AMA
Guides, mag tydens die assessering van die graad van
aantasting, geen syfer aangedui in die AMA Guides op- of
afgerond word nie, ongeag of die syfer ‘n aanvanklike, ‘n
intermediêre, ‘n gekombineerde of ‘n finale waarde
verteenwoordig, tensy die ronding uitdruklik vereis of gemagtig
word deur die riglyne uitgereik deur die Minister.
(2) (a) Tensy anders bepaal in hierdie Regulasies, word die koste van ‘n
assessering slegs deur die Fonds of ‘n agent gedra indien die derde
party se besering bevind word ernstig te wees en die Fonds of die
agent oorhoofse aanspreeklikheid ingevolge die Wet opdoen.
(b) Die Fonds of ‘n agent mag, op sy koste, op versoek van ‘n derde
party, aan die derde party die dienste beskikbaar stel van, of,
alternatiewelik, die derde party verwys na–
(i) ‘n geneesheer vir doeleindes van ‘n assessering
ooreenkomstig hierdie regulasie; en
(ii) ‘n gesondheidsorgverskaffer vir doeleindes van insameling en
sortering van inligting om so ‘n assessering te fasiliteer
indien die Fonds besluit dat daar ‘n redelike vooruitsig is dat ‘n
geneesheer die besering as ernstig sal assesseer en die derde
7
party nie oor genoegsame fondse beskik om die assessering te
bekom nie.
(3) (a) ‘n Derde party wie se besering assesseer is in terme van hierdie
Regulasies moet van die geneesheer ‘n ernstige besering
assesseringsverslag bekom.
(b) ‘n Eis vir vergoeding vir nie-geldelike verlies in terme van artikel 17
van die Wet moet ooreenkomstig die Wet en hierdie Regulasies
ingedien word, met dien verstande dat:
(i) die ernstige besering assesseringsverslag apart na die
indiening van die eis te enige tyd voor die verstryking van die
periodes vir die indiening van die eis voorgeskryf in die Wet en
hierdie Regulasies ingedien mag word; en
(ii) Waar maksimale mediese verbetering (“maximal medical
improvement”), soos voorsien in die AMA Guides, ten opsigte
van die derde party se besering, nog nie bereik is nie en waar
die periodes vir die indiening van ‘n eis voorgeskryf deur die
Wet en hierdie Regulasies sal verstryk voordat sodanige
verbetering bereik sal word, moet die derde party
nieteenstaande enigiets tot die teendeel vervat in die AMA
Guides, homself of haarself onderwerp aan ‘n assessering en
‘n eis instel voor die verstryking van die relevante periode.
8
(c) Die Fond of ‘n agent sal slegs verplig wees om ‘n derde party vir
nie-geldelike verlies soos voorsien in die Wet te vergoed indien die
eis ondersteun word deur ‘n ernstige besering assesseringsverslag
ingedien ooreenkomstig die Wet en hierdie Regulasies en indien
die Fonds of ‘n agent tevrede is dat die besering korrek assesseer
is as ernstig in terme van die metode voorsien in hierdie
Regulasies.
(d) Indien die Fonds of ‘n agent nie tevrede is dat die besering korrek
assesseer is nie, moet die Fonds of ‘n agent:
(i) die ernstige besering assesseringsverslag verwerp en die
redes vir die verwerping aan die derde party verskaf; of
(ii) die derde party beveel om homself or haarself te onderwerp,
op die koste van die Fonds of ‘n agent, aan ‘n verdere
assessering om vas te stel of die besering ernstig is, in terme
van die metode uiteengesit in hierdie Regulasies, deur ‘n
geneesheer aangewys deur die Fonds of ‘n agent.
(e) Die Fonds of ‘n agent moet òf die verdere assessering aanvaar òf
die verdere assessering betwis op die manier voorsien in hierdie
Regulasies.
9
(4) Indien die derde party die verwerping van die ernstige besering
assesseringsverslag wil betwis of in die geval waar of die derde party of
die Fonds of ‘n agent ’n assessering uitgevoer deur ‘n geneesheer
ingevolge hierdie Regulasies wil betwis, moet die disputant:–
(b) binne 90 dae na die verwittiging van die verwerping of die
assessering, die Registrateur in kennis stel dat die verwerping of
die assessering betwis word, deur ’n geskilbeslegtingsvorm in te
dien by die Registrateur;
(c) in sodanige kennisgewing die gronde uiteensit waarop die
verwerping of assessering betwis word en sodanige voorleggings,
mediese verslae en opinies insluit as waarop die disputant wil
steun; en
(d) as die disputant die Fonds of ‘n agent is, alle beskikbare
kontakbesonderhede aangaande die derde party verskaf.
(5) (a) Indien daar nie aan die Registrateur kennis gegee word dat die
verwerping of die assessering betwis word op die manier en binne
die tydsperiode voorsien in subregulasie (4) nie, word die
verwerping of die assessering finaal en bindend tensy die disputant
‘n aansoek om kondonasie indien by die Registrateur, asook stuur
of aflewer aan die ander party tot die dispuut.
10
(b) ‘n Geskrewe antwoord op die aansoek om kondonasie mag
ingedien word by die Registrateur binne 15 dae na ontvangs van
die aansoek om kondonasie en ‘n repliek hierop mag binne 10 dae
ingedien word.
(c) Elke aansoek om kondonasie, antwoord en repliek moet–
(i) duidelik en bondig en ter sake wees;
(ii) regverdiglik al sodanige inligting verskaf as wat nodig is om die
appèltribunaal in staat te stel om die aansoek te beslis; en
(iii) met die meriete van die dispuut handel slegs in sover dit nodig
is ter verduideliking en ondersteuning van die gronde vir of
teen kondonasie.
(d) Die Registrateur moet die aansoek om kondonasie tesame met
enige antwoord en repliek verwys na die appèltribunaal.
(e) Die appèltribunaal kan by oorweging van die aansoek om
kondonasie die voorlegging verg van–
(i) verdere informasie; en
(ii) enige addisionele dokumentasie;
en die betrokke party moet die aangevraagde verdere informasie en
dokumente by die Registrateur indien binne die tydperk deur die
appèltribunaal bepaal.
11
(f) Indien enige van die partye nalaat om aan die aanwysing deur die
appèltribunaal gegee te voldoen, kan die tribunaal die aansoek in
sy onvolledige vorm afhandel sonder inagneming van die gevergde
verdere informasie of dokumente.
(g) Die appéltribunaal moet besluit of laat kennisgewing kondoneer
word of nie en die partye dienooreenkomstig in kennis stel.
(h) Indien laat kennisgewing nie kondoneer word nie word die
assessering finaal en bindend.
(6) Die Registrateur moet binne 15 dae vanaf kennisgewing van ‘n dispuut in
terme van subregulasie (4), of nadat kondonasie gegee is aan ‘n
disputant in terme van subregulasie (5), die ander party skriftelik verwittig
van die dispuut en afskrifte van alle voorleggings, mediese verslae en
opinies voorgelê deur die disputant aan die ander party verskaf.
(7) Na verwittiging in terme van subregulasie (7), mag die ander party–
(a) skriftelik en binne 60 dae aan die Registrateur kennis gee welke
voorleggings, mediese verslae en opinies voorgelê in dispuut
geplaas word; en
(b) tot sodanige kennisgewing die voorleggings, mediese verslae en
opinies aanheg waarop gesteun word.
12
(8) (a) Na ontvang van die kennisgewing van die ander party of die
verstryking van die 60 dae periode, vervat in subregulasie (6), moet
die Registrateur die dispuut verwys vir oorweging deur ‘n
appèltribunaal deur die Fonds voor betaal.
(b) Die appéltribunaal bestaan uit drie onafhanklike geneeshere met
deskundigheid op die gepaste terreine van geneeskunde, aangestel
deur die Registrateur, wie een van hulle moet aanwys as die
voorsittende beampte van die appèltribunaal.
(c) Die Registrateur kan ‘n addisionele onafhanklike
gesondheidspraktisyn met deskundigheid in enige gepaste
gesondheidsberoep aanstel om die appèltribunaal in ‘n adviserende
hoedanigheid by te staan.
(9) (a) Die Registrateur moet skriftelik beide partye tot die dispuut verwittig
wie die persone is wat hy of sy aangestel het ingevolge
subregulasie (8).
(b) (i) Indien ‘n party tot die dispuut veronreg is deur enige een of
meer van die aanstellings deur die Registrateur gemaak
ingevolge subregulasie (8), moet sodanige party binne 10 dae
‘n skriftelike motivering wat die gronde uiteensit waarop die
13
party teen ‘n aanstelling beswaar maak, aan die Registrateur
en die ander party lewer.
(ii) Die ander party tot die dispuut mag skriftelik antwoord binne
10 dae deur aan die Registrateur en aan die veronregte party
‘n antwoord te lewer.
(iii) Die Registrateur mag, by ontvangs van ‘n skriftelike
motivering, en antwoord daarop, indien enige, òf die
aanstelling gemaak ingevolge subregulasie (8) bevestig òf
enige een of meer van die aanvanklike aanstellings gemaak
vervang, en sodanige beslissing deur die Registrateur is finaal.
(10) (a) Indien dit vir die meerderheid van die lede van die appèltribunaal
voorkom dat ‘n aanhoring vir die doel van die oorweging van
regsargumente geregverdig mag wees, moet die voorsittende
beampte van die appèltribunaal die Registrateur dienooreenkomstig
skriftelik en met opgawe van redes, in kennis stel.
(b) Wanneer die Registrateur die kennisgewing ontvang, moet hy of sy
die voorsitter van die balieraad, alternatiewelik die voorsitter van die
prokureursorde, van die betrokke jurisdiksionele gebied, versoek
om ‘n advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika, of ‘n prokureur
van die Hoë Hof van Suid-Afrika, met ten minste vyf jaar se
praktyksondervinding, aan te stel.
14
(c) Die advokaat of prokureur, sodra aangestel, moet die redes gegee
aan die Registrateur oorweeg en moet binne 10 dae na sy of haar
aanstelling ‘n skriftelike aanbeveling maak of ‘n aanhoring
geregverdig is.
(d) Die appèltribunaal moet die aanbeveling gemaak deur die advokaat
of prokureur oorweeg en daarna ‘n skriftelike beslissing maak oor of
die aard van die dispuut sodanig is dat dit ‘n aanhoring vir die doel
van die oorweging van regsargumente regverdig.
(e) Indien die appèltribunaal beslis dat ‘n aanhoring geregverdig is,
moet die aangestelde advokaat of prokureur voorsit tydens die
verhoor en moet die Registrateur–
(i) die partye tot die dispuut verwittig dat ‘n aanhoring gehou sal
word op ‘n plek en tyd bepaal deur die aangestelde advokaat
of prokureur;
(ii) die partye verwittig dat hulle geregtig is op
regsverteenwoordiging, op hulle eie koste, tydens die
aanhoring en om die regsargumente aan te bied by die
aanhoring;
15
(iii) die partye in kennis stel van enige addisionele prosedures
deur die advokaat of prokureur aanvaar wat aangestel is om
by die aanhoring voor te sit.
(f) Die aangestelde advokaat of prokureur moet binne 10 dae na
afsluiting van die aanhoring skriftelike aanbevelings aan die
appèltribunaal maak in verband met die regskwessies wat uit die
aanhoring voortgespruit het.
(g) Die appèltribunaal moet die aanbevelings gemaak deur die
gemelde advokaat of prokureur oorweeg en daarna ‘n skriftelike
beslissing maak oor die regskwessies.
(h) Indien die appèltribunaal ingevolge paragraaf (d) beslis dat die aard
van die dispuut nie ‘n aanhoring regverdig nie of, indien dit beslis
dat ‘n aanhoring geregverdig is, sodra die regskwessies wat uit die
aanhoring voortspruit ingevolge paragraaf (g) beslis is, kom die
funksies van die aangestelde advokaat of prokureur tot ‘n einde en
die appèltribunaal mag daarna enige van die magte beoog in
subregulasie (11) uitoefen.
(11) Die appèltribunaal het die volgende magte:
(a) Gelas dat die derde party, op die koste van die Fonds of ‘n agent,
homself of haarself onderwerp aan ‘n verdere assessering ten einde
16
vas te stel of die besering ernstig is, in terme van die metode
uiteengesit in hierdie Regulasies, deur ‘n geneesheer deur
appéltribunaal aangewys.
(b) Gelas, by nie minder nie as vyf dae skriftelike kennisgewing, dat die
derde party homself of haarself in persoon aan die appèltribunaal
presenteer op ‘n plek en tyd aangedui in die gemelde kennisgewing
en die derde party se besering ondersoek en assesseer of die
besering ernstig is in terme van die metode uiteengesit in hierdie
Regulasies.
(c) Gelas dat verdere mediese verslae verkry en voor die
appèltribunaal geplaas moet word deur een of meer van die partye.
(d) Gelas dat relevante pre- en post-ongeluk mediese, gesondheidsen
behandelingsrekords met betrekking tot die derde party verkry
word en aan die appèltribunaal beskikbaar gemaak word.
(e) Gelas dat verdere voorleggings gemaak moet word deur een of
meer van die partye en die tydsraam bepaal waarbinne sodanige
verdere voorleggings voor die appèltribunaal geplaas moet word.
(f) Weier om die dispuut te besleg totdat ‘n party voldoen aan enige
lasgewing in paragrawe (a) tot (e) hierbo.
17
(g) Beslis of in sy meerderheidsopinie die betrokke besering ernstig is
in terme van die metode uiteengesit in hierdie Regulasies.
(h) Bevestig die assessering van die geneesheer of vervang die
betwiste assessering met sy eie assessering indien die
meerderheid van die lede van die appèltribunaal van mening is dat
dit gepas is om te vervang.
(i) Bevestig die verwerping van die ernstige besering
assesseringsverslag deur die Fonds of ‘n agent of aanvaar die
verslag, indien die meerderheid van die lede van die appéltribunaal
van mening is dat dit gepas is om die ernstige besering
assesseringverslag te aanvaar.
(12) Tensy daar nie aan ‘n aanwysing in terme van subregulasie 11(a) tot (e)
voldoen is, moet die appèltribunaal binne 90 dae vanaf die verwysing
van die dispuut in terme van subregulasie (8) of sodanige addisionele
periode as wat die Registrateur op aansoek van die appèltribunaal
skriftelik mag magtig, aan die Registrateur kennis gee van sy bevindings.
(13) Die Registrateur moet die partye verwittig van die bevindinge van die
appéltribunaal, welke bevindinge finaal en bindend sal wees.
(14) (a) Die Fonds moet die redelike koste van die Raad vir
Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika voortspruitende uit
18
subregulasies (4) tot (13) dra, soos ooreengekom tussen die Fonds
en die gemelde Raad, of, by gebrek aan sodanige ooreenkoms,
soos bepaal deur die Minister na oorlegpleging met die Minister van
Gesondheid.
(b) Die Fonds moet die redelike fooie en uitgawes, soos bepaal of
goedgekeur deur die Fonds, van die persone aangestel kragtens
subregulasies (8) en (10)(b) dra.
4 Verdere voorsiening ten opsigte van eis vir verlies aan inkomste of
onderhoud ingevolge artikel 17(4)(c)
Wanneer die jaarlikse verlies aan inkomste of onderhoud verwys na in
artikel 17(4)(c) van die Wet proporsioneel bereken word, word sodanige
verlies bereken per fiskale jaar.
5 Mediese tariewe ingevolge artikel 17(4B)
(1) Die aanspreeklikheid van die Fonds of ‘n agent beoog in artikel 17(4B)(a)
van die Wet word bepaal ooreenkomstig die Eenvormige
Pasiëntfooiskedule vir fooie betaalbaar aan openbare
gesondheidsinrigtings deur volbetalende pasiënte, voorgeskryf kragtens
artikel 90(1)(b) van die Nasionale Gesondheidswet, 2003 (Wet No. 61
van 2003), soos hersien van tyd tot tyd.
19
(2) Die aanspreeklikheid van die Fonds of ‘n agent beoog in artikel 17(4B)(b)
van die Wet word bepaal ooreenkomstig die tarief wat die Fonds van tyd
tot tyd in die Staatskoerant kennis van mag gee en sodanige tarief sal
slegs geld in geval van die onmiddellike, toepaslike en regverdigbare
mediese evaluering, behandeling en sorg benodig in ‘n noodsituasie ten
einde die persoon se lewe of liggamsfunksies, of beide, te red,
(3) Die aanspreeklikheid van die Fonds of ‘n agent in omstandighede anders
as beoog in subregulasies (1) en (2), insluitende maar nie beperk nie tot
die koste van veranderings aan ‘n gebou of perseel, of aanpassing van
‘n motorvoertuig, word gebaseer op enige redelike kwotasie hetsy
voorgelê aan of bekom deur die Fonds of ‘n agent.
6 Verdere voorsiening vir prosedureaangeleenthede beoog in artikel 24
(1) Enige verwysing in artikel 24(1)(b) van die Wet na die Fonds se hoof-,
tak- of streekskantoor, of na ‘n agent se geregistreerde kantoor of
plaaslike takkantoor, verwys vir die doeleindes van voldoening aan
daardie artikel na sodanige hoof-, tak- of streekskantoor van die Fonds,
of geregistreerde kantoor of plaaslike takkantoor van ‘n agent, na gelang
van die geval,–
(a) wat geleë is naaste aan die plek waar die voorval plaasgevind het
waaruit die eis voortgevloei het; of
20
(b) wat geleë is naaste aan die plek waar die derde party woon.
(2) (a) Die Fonds of ‘n agent kan te eniger tyd nadat ‘n eis vir
skadevergoeding verwys na in artikel 17(1) van die Wet ontvang is,
van die betrokke derde party vereis om hom of haar te onderwerp
aan ondervraging deur die Fonds of die agent by ‘n plek deur die
Fonds of die agent aangedui of om ‘n geswore verklaring af te lê
oor die omstandighede van die betrokke voorval of enige aspek
daarvan.
(b) In die geval waar die Fonds of ‘n agent van die derde party vereis
om hom/haarself te onderwerp aan ondervraging of om ‘n geswore
verklaring te maak, of beide, ingevolge paragraaf (a), is geen eis
afdwingbaar by wyse van hofverrigtinge ingestel deur ‘n
dagvaarding beteken op die Fonds of die agent alvorens die derde
party hom- of haarself onderwerp het aan ondervraging of ‘n
geswore verklaring gemaak het, of beide.
7 Vorms
(1) ‘n Eis vir skadevergoeding en gepaardgaande mediese verslag verwys
na in artikel 24(1)(a) van die Wet moet wees in die vorm RAF 1
uiteengesit in Aanhangsel A tot hierdie Regulasies, of sodanige wysiging
of vervanging daarvan as wat die Fonds van tyd tot tyd in die
Staatskoerant kennis van mag gee.
21
(2) ‘n Eis deur ‘n verskaffer verwys na in artikel 24(3) van die Wet moet
wees in die vorm RAF 2 uiteengesit in Aanhangsel B tot hierdie
Regulasies, of sodanige wysiging of vervanging daarvan as wat die
Fonds van tyd tot tyd in die Staatskoerant kennis van mag gee.
(3) Die besonderhede en verklarings verwys na in artikel 22(1)(a) van die
Wet moet aan die Fonds verskaf word in die vorm RAF 3 uiteengesit in
Aanhangsel C tot hierdie Regulasies, of sodanige wysiging of vervanging
daarvan as wat die Fonds van tyd tot tyd in die Staatskoerant kennis
van mag gee.
8 Oorgangsreëling, en herroeping van regulasies
(1) Hierdie Regulasies is nie van toepassing nie op enige eis vir
skadevergoeding kragtens artikel 17 van die Wet ten opsigte waarvan
die eisoorsaak ontstaan het voor die datum waarop hierdie Regulasies in
werking getree het, en enige sodanige eis moet gehanteer word asof
hierdie Regulasies nie in werking getree het nie.
(2) Behoudens subregulasie (1) word die Regulasies gepromulgeer by wyse
van Goewermentskennisgewing No. R. 609 van 25 April 1997 hierby
herroep.
9 Inwerkingtreding
22
Hierdie Regulasies tree op 1 Augustus 2008 in werking.

Request a Callback
callback
Sending
CLOSE
Claim Online

Your Name (required)

Your Email (required)

Date of Birth /Id Number(required)

Date of Accident

Place of Accident

Province

CLOSE